Kyriakos Mitsotakis
| Kyriakos Mitsotakis | |
Mitsotakis in 2025 | |
Eerste minister van Griekeland | |
| Ampsbekleër | |
| Termynaanvang 26 Junie 2023 | |
| Vise | Kostis Hatzidakis |
|---|---|
| President | Katerina Sakellaropoulou Konstantinos Tasoulas |
| Voorafgegaan deur | Ioannis Sarmas (waarnemend) |
Eerste minister van Griekeland | |
| Ampstermyn 8 Julie 2019 – 25 Mei 2023 | |
| Vise | Panayiotis Pikrammenos |
| President | Prokopis Pavlopoulos Katerina Sakellaropoulou |
| Voorafgegaan deur | Alexis Tsipras |
| Opgevolg deur | Ioannis Sarmas (waarnemend) |
Leier van die Opposisie | |
| Ampstermyn 10 Januarie 2016 – 8 Julie 2019 | |
| Eerste minister | Alexis Tsipras |
| Voorafgegaan deur | Giannis Plakiotakis |
| Opgevolg deur | Alexis Tsipras |
President van Nuwe Demokrasie | |
| Ampsbekleër | |
| Termynaanvang 10 Januarie 2016 | |
| Vise | Adonis Georgiadis Kostis Hatzidakis |
| Voorafgegaan deur | Giannis Plakiotakis (waarnemend) |
Minister van Administratiewe Hervorming en Elektroniese Regering | |
| Ampstermyn 25 Junie 2013 – 27 Januarie 2015 | |
| Eerste minister | Antonis Samaras Alexis Tsipras |
| Voorafgegaan deur | Antonis Manitakis |
| Opgevolg deur | Nikos Voutsis |
Lid van die Helleense Parlement | |
| Ampsbekleër | |
| Termynaanvang 7 Maart 2004 | |
Persoonlike besonderhede | |
| Gebore | 4 Maart 1968 Athene, Griekeland |
| Nasionaliteit | Grieks |
| Politieke party | Nuwe Demokrasie |
| Ouers | Konstantinos Mitsotakis en Marika Giannoukou |
| Eggenoot/-note | Mareva Grabowski (trou 1997) |
| Kind(ers) | 3 |
| Alma mater | Harvard-universiteit (B.A., MBA) Stanford-universiteit (MA) |
| Handtekening | |
| Toekennings |
|
Kyriakos Mitsotakis (Grieks: Κυριάκος Μητσοτάκης; gebore op 4 Maart 1968) is ’n Griekse politikus wat sedert Julie 2019 die eerste minister van Griekeland is, behalwe vir een maand tussen Mei en Junie 2023. Mitsotakis is sedert 2016 die president van die Nuwe Demokrasie-party. Hy word gewoonlik met die sentrum-regs verbind en ondersteun ekonomies liberale beleid.
Tussen 2016 en 2019 was Mitsotakis die Leier van die Opposisie, en van 2013 tot 2015 was hy minister van administratiewe hervorming. Hy is die seun van die oorlede Konstantinos Mitsotakis, wat van 1990 tot 1993 eerste minister van Griekeland was. Hy is die eerste keer in 2004 tot die Helleense Parlement verkies vir die Athene B-kiesafdeling. Nadat Nuwe Demokrasie twee verkiesings in 2015 verloor het, is hy in Januarie 2016 as die party se leier verkies. Drie jaar later het hy sy party tot ’n meerderheid in die Griekse wetgewende verkiesing van 2019 gelei.
Ná die Griekse wetgewende verkiesing van Mei 2023 waarin geen party ’n meerderheid gewen het nie en geen koalisieregering gevorm is nie, het Mitsotakis ’n vervroegde verkiesing vir Junie uitgeroep. Op 24 Mei 2023 het die Griekse president Katerina Sakellaropoulou, soos deur die grondwet vereis, Ioannis Sarmas as waarnemende eerste minister aangestel vir die tussentydse tydperk.[1] In die wetgewende verkiesing van Junie 2023 het hy weer sy party tot ’n meerderheid gelei en is hy as eerste minister beëdig nadat hy die opdrag ontvang het om ’n regering te vorm.[2][3]
Gedurende sy tyd as eerste minister het Mitsotakis lof én kritiek ontvang vir sy pro-Europese en tegnokratiese regeringstyl, asook vir sy besuinigingsbeleid.[4] Hy het ook lof ontvang vir sy hantering van die Covid-19-pandemie.[5]
Hy word gekrediteer vir die modernisering en digitale verandering van Griekeland se openbare administrasie.[6] Onder sy regering is Griekeland deur The Economist as die beste ekonomiese presteerder van 2022 aangewys.[7]
Mitsotakis het ook baie kritiek gekry omdat hy die wet verander het om selfdegeslag-huwelike toe te laat en om toe te laat dat sulke paartjies kinders kan aanneem.[8]
Hy het verder kritiek ontvang oor korrupsie en persvryheid in Griekeland.[9][10]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Papadimas, Lefteris (24 Mei 2023). "Greece appoints caretaker PM ahead of June repeat election". Reuters. Besoek op 27 Mei 2023.
- ↑ "Results of June 2023 Greek elections". kathimerini.gr. 26 Junie 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2023. Besoek op 26 Junie 2023.
- ↑ "Kyriakos Mitsotakis sworn in as Prime Minister". kathimerini.gr. 26 Junie 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2023. Besoek op 26 Junie 2023.
- ↑ "How Greece became Europe's unlikely model student". The Economist. ISSN 0013-0613. Besoek op 21 Desember 2022.
- ↑ "Charlemagne: How Greece became Europe's unlikely model student". The Economist. 22 Mei 2021. Besoek op 21 Mei 2021.
- ↑ "Pandemic, EU billions drive Greece's digital revolution". Reuters. 25 Februarie 2021. Besoek op 22 Mei 2023.
- ↑ Kokkinidis, Tasos (21 Desember 2022). "Greece Named Top Economic Performer for 2022 by the Economist". GreekReporter.com (in American English). Besoek op 21 Desember 2022.
- ↑ Smith, Helena (11 Januarie 2024). "Greek PM faces fierce opposition over pledge to legalise gay marriage". The Guardian (in Britse Engels). ISSN 0261-3077. Besoek op 25 Januarie 2024.
- ↑ "The Rot at the Heart of Greece Is Now Clear for Everyone to See". New York Times. 22 Augustus 2022. Besoek op 2 September 2022.
- ↑ "How Greece became Europe's worst place for press freedom". Politico. 8 Augustus 2022. Besoek op 2 September 2022.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kyriakos Mitsotakis.