King Lear

King Lear ("Koning Lear") word oor die algemeen beskou as een van William Shakespeare se beste tragedies. Die toneelstuk is gebaseer op Koning Leir, 'n eertydse koning van die destydse Romeinse Brittanje.
Na die Engelse Restaurasie (die tydperk van herstelling na die Engelse Burgeroorlog van 1639 - 1651), was die toneelstuk gereeld aangepas omdat dit as te somber en depressief beskou was. Sedert die Tweede Wêreldoorlog word dit egter as een van Shakespeare beste prestasies beskou. Die tragedie is veral bekend vir die manier waarop dit die aard van die mensdom se lyding en bloedverwantskap bestudeer.
Daar is twee duidelik verskillende weergawes van die toneelstuk: The True Chronicle of the History of the Life and Death of King Lear and His Three Daughters wat as 'n kwarto uitgegee is in 1608 en The Tragedy of King Lear wat vir die eerste keer in die Eerste folio verskyn het in 1623. Die twee tekste word meestal as 'n gekombineerde weergawe uitgegee, alhoewel moderne redakteurs redeneer dat elke weergawe sy eie individuele integriteit het.
Uys Krige het King Lear in Afrikaans vertaal en dit is in 1972 vir die eerste keer onder die titel "Koning Lear" uitgegee.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bibliografie
[wysig | wysig bron]Uitgawes van King Lear
[wysig | wysig bron]- Foakes, R. A., red. (1997). King Lear. The Arden Shakespeare, third series. Bloomsbury Publishing. ISBN 978-1-903436-59-2.
- Hadfield, Andrew, red. (2007). King Lear. The Barnes & Noble Shakespeare. New York: Barnes & Noble. ISBN 978-1-4114-0079-5.
- Hunter, G. K., red. (1972). King Lear. The New Penguin Shakespeare. Penguin Books.
- Kermode, Frank (1974). "Introduction to King Lear". In Evans, G. Blakemore (red.). The Riverside Shakespeare. Houghton Mifflin. ISBN 978-0-395-04402-5.
- Pierce, Joseph, red. (2008). King Lear. Ignatius Critical Editions. San Francisco: Ignatius Press. ISBN 978-1-58617-137-7.